Catchu Kube

Catchu Kube Farm products

Aan God Alle Eer! Hy het wonders gedoen. Na 58 dae in die hospitaal is Juniël by die huis. Hy het Type 1 en Type 2 Respi...
03/09/2026

Aan God Alle Eer! Hy het wonders gedoen.

Na 58 dae in die hospitaal is Juniël by die huis. Hy het Type 1 en Type 2 Respiratory Failure gehad en is toe ook met 'n Dubbel Aortic Arch gediagnoseer wat 'n operasie vereis het. Ons was opgeneem in Mediclinic Potchefstroom, oor gevlieg na Sandton Mediclinic ICU en toe Sunninghill CTICU toe.

Boetman was op hoë vloei suurstof geplaas en toe oorgeskuif na n ventilator toe. Ons is toe ingelig dat hy nie goed doen op die ventilator nie en hy moes oorskuif na 'n HFOV (osilator) toe. Na 15 dae op die osilator is hy terug op die ventilator geplaas. Hy was in totaal 25 dae op life support. Daarna het 'n CT scan die probleem by sy Aorta gewys en moes ons oorskuif na Sunninghill Maboneng Heart and Lung CTICU toe vir die vascular ring operasie.

Juniel se hospitaal verblyf:
🟠 Hoësorgeenheid: 5 dae
🔴 Intensiewesorgeenheid (ICU & CTICU): 44 dae
🔵 Pediatriese saal: 9 dae
Totaal: 58 dae in die hospitaal

Aan God alle eer - Hy het Wonders gedoen. Seuna was baie siek en Hy het hom genees en ons vertrou sal hom ten volle herstel.

Dankie aan ons gesinne, familie en vriende - it takes a village! Julle het die Steytlers gedra en soms bietjie gesleep om deur te kom.

Baie dankie vir almal se ondersteuning, hulp, bel, boodskappe, en most of all - Gebede. Ons weet daar is baie mense wat vir ons gebid het wat ons nie persoonlik kan bedank nie, so van die Steytlers af - Baie dankie, ons waardeer.

Boetman het 'n vol dokter en mediese personeel span gehad en net 'n vinnige dank aan:

Dr. Hannelie Potgieter - Paediatrician (Amazing) Potchefstroom
Dr. Porai Moshesh - Paediatric Intensivist (Warrior that pulled us through this) Sandton Mediclinic
Dr. Cloe Mshumpela - Paediatric Surgeon
Dr. Zoleka Mbhele - Paediatric Cardiologist (Got to the source of the issue, so caring)
Dr. Alicia Lazarus - Paediatric Pulmonologist (Lovely doc that made sure he got home well) Sunninghill Netcare
Dr Erich Schurmann - Cardio Thoracic Surgeon (Great man and surgeon)
Dr. Krishnee Naidoo - Anaesthetist
Dr. Kiki Marx - Anaesthetist (Singing old McDonald to him)
Dr. Mamaila Lebea - Paediatric Cardiologist (So friendly and went out of her way to get him to the right place and surgery)
Dr. JH Pilusa - Paediatric Cardiologist (always ready to answer our list of questions).
Dr. Osman - Paediatric Intensivist
Dr. Marelize Reynders - Paediatric Intensivist (so friendly and helpful)

Ander spanlede: We apologize if we missed your name but there were so many!
Jeske Wellman - Dietitian
Tarryn Rochel - Dietitian
Calla Woodin - Speech Therapist
Dimo - Physiotherapist
Taslynne - NDT Physiotherapist
Radioloë
Perfusionists
Maboneng Heart and Lung clinic personeel
Mediclinic Sandton Unit Manager - Reeva (so caring!)

Lizzie by die gastehuis was net absoluuut amazing. Elke aand word daar huis Godsdiens gehou vir elke mamma en pappa wat se kind in ICU is. Daar word saam gehuil en gebid en gesing tot eer van die Heer. Stories word uitgeruil en mens besef hier waardeer ouers daagliks gaan.

Dankie ook vir ander ouers wat saam met ons hierdeur gegaan het en van julle wat steeds op die battlefield is. Chris en Lesley, Dee-Jay, Warren en elkeen se gesinne. Ons dien 'n God van wonderwerke.

Ek weet ek het nog baie gemis. Maar dankie aan almal. Julle was amazing.

Nou vertrou ons die Liewen Heer vir 'n volle herstel.

Happy Womans day
09/08/2026

Happy Womans day

Vandag is Juniël al 31 dae in die hospitaal, het begin in Potch Mediclinic, met die helikopter oorgeplaas na Sandton Med...
08/08/2026

Vandag is Juniël al 31 dae in die hospitaal, het begin in Potch Mediclinic, met die helikopter oorgeplaas na Sandton Mediclinic en die komende week word hy oorgeplaas na Sunninghill Netcare. Van hoëvloei suurstof, na ventilator na ossilator, weer afgewerk na ventilator en nou weer op hoëvloei. Hy vorder goed, nou net die laaste hurdle wat Sunninghill aandag aan gaan gee. Orals was die mediese personeel puik. Dankie vir almal se bydraes, ondersteuning en gebede, dit dra ons elke dag.

Liewe ouers,Dit is weer tyd vir ons 2026 Oktober Plaas Vakansiekamp. Hierdie vakansiekamp is bietjie anders as vorige ka...
03/08/2026

Liewe ouers,
Dit is weer tyd vir ons 2026 Oktober Plaas Vakansiekamp. Hierdie vakansiekamp is bietjie anders as vorige kampe. Die kinders gaan hulle eie tafels bou om op te eet, ʼn veld-yskas of stoof bou en ook sekere etes self maak. Verder gaan hulle steeds met die diere werk, iets maak om huis toe te vat en natuurlik in die Koepel stap asook die lang waterslide.
Die kamp is vanaf Donderdag 24 September (Vakansiedag) tot Sondag 27 September op ons plaas Catchu Kube net buite Parys in die Vrystaat. Die kostes beloop R1500-00 per kind of R1300 per kind as u meer as een kind stuur of as u kind al voorheen saam met ons gekamp het.
Vir meer inligting en om te registreer, klik net op hierdie skakel https://forms.gle/VDSBw25tvW2HkhpN9, scan die QR kode op die advertensie of skakel my gerus op 072 144 0148.
Vakansiekamp groete
Johan

Goeie more,Dankie vir elkeen se ondersteuning met Juniël ons baba seuntjie. Hy is steeds in ICU waar hy goeie behandelin...
27/07/2026

Goeie more,
Dankie vir elkeen se ondersteuning met Juniël ons baba seuntjie. Hy is steeds in ICU waar hy goeie behandeling kry. Ons gaan hierdie week eers Donderdag aflewer. Die nuwe henne begin goed produseer en ons behoort binnekort weer ekstra eiers te kan voorsien. Daar is nog heel hoenders en ‘n paar flatties beskikbaar, laat weet gerus as ek vir julle moet aflewer hierdie week.
Groete en seënwense

10/07/2026
Give your child the confidence to make informed subject choices. Our career guidance assessments help identify their str...
22/06/2026

Give your child the confidence to make informed subject choices. Our career guidance assessments help identify their strengths, interests, and potential career paths, making subject selection easier and more meaningful. Please scan the QR code to ensure your placement.

Geseënde Vadersdag aan elke pa
21/06/2026

Geseënde Vadersdag aan elke pa

Good morning,There are still a few of our popular braaipakke, flatties, and whole chickens available while stocks last. ...
20/06/2026

Good morning,
There are still a few of our popular braaipakke, flatties, and whole chickens available while stocks last. These are perfect for warming up on a cold winter evening and pair beautifully with our delicious brinjal, peach, or onion chutneys. Please see our attached advertisement with all our products.
Place your order soon to avoid disappointment. Deliveries will take place on Wednesday this week.
Kind regards

We calling all current students,old students instructors and dojos.To join us as we stand a final honour guard for Sense...
10/06/2026

We calling all current students,old students instructors and dojos.

To join us as we stand a final honour guard for Sensei James Vermaak .

Please wear your martial arts attire as we take the final bow to the man who walked infront.

Following the link to join the whatsapp group for arrangments:

https://chat.whatsapp.com/ByiRpdCeeRmFIxc2Xmkff2?s=qt&p=a&ilr=2

Address

CatcHu Kube
Parys
9585

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30
Saturday 00:00 - 00:15

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Catchu Kube posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Catchu Kube:

Shortcuts

Share