Granny's Pies

Granny's Pies Granny's Pies, net soos ouma dit gemaak het. Ek was nog veels te jonk om af te tree, en besluit toe om honde beskuitjies te bak.

Ek , my man Johan en tiener seun het einde 2007 van Tzaneen na Parys verhuis, as “werklose ma “ en “ pensionaris pa”. Ek was die trotse eienaar van ‘n algemene handelaarswinkel in Tzaneen, en nadat hy en die klein hoewe waar ons gebly het, verkoop is, het ons op Parys besluit, nader aan ons albei se ouers en kinders in Pretoria. Twee weke later het net gemufde koekies oorgebly. Ek onthou toe skiel

ik my ma het vir ons as kinders pasteie gebak. Sy word toe onmiddelik geskakel (in Vereeniging) en gee vir my die resep oor die foon. Met een kilogram maalvleis word die eerste pasteie toe gebak en die deeg word sommer met ‘n lee wynbottel gerol. Ons het glad nie mense in Parys geken nie, behalwe die eiendomsagent deur wie ons die huis gekoop het. Sy was toe ook my eerste fynproewer. Vir die eerste twee maande het ek net pasteie uitgedeel vir almal om te proe totad ek die potensiaal raakgesien het vir ‘n besigheid en gebid dat die Here my moet wys waar ek dit moet verkoop. So het dit “geloofspasteie” geword. Die kombuis is groter gebou, later is die buite kamer ingerig as bakery en toe die ook te klein was het ons uiteindelik na twee jaar, ‘n perseel in die dorp gekry waarin ek nogsteeds is. Elke ses maande is ‘n vertrek by gehuur soos wat die aanvraag groter geword het. Ek en Johan het saam self bemarking gaan doen, en so het Grannys gegroei dat ons nou al 6 500 dosyn pasteie en 300 kg maalvleis ‘n week bak. Van die 15 werknemers is 4 al agt jaar saam met die besigheid. Ons versprei so ver as Potchefstroom, Klerksdorp, Sasolburg, Vanderbijlpark, Vereeniging en al drie President Hypers. Hier is sekere produkte soos koeksisters, beskuit, dadelhappies en jaffels wat ons by plaaslike verskaffers en tuisteskeppers aankoop omdat ons nie tyd het om alles te bak nie en sodoende hulle ook ondersteun. Ons hoofproduk is die cocktail pasteie maar ons bak ook groter pasteie soos “pepper steak” “Cornish” “beef and onion” “steak and kidney” en “chicken.” Daarby bak ons ook ons eie melkterte, soutterte, kaasstrooitjies en natuurlik die heerlikste peuselborde. Donderdae word boerebrode gebak en as jy later as 12uur hier is, is alles uitverkoop! Die geheim van my sukses is omdat ek God toegelaat het om die vermoe wat hy my gegee het, en dit waaroor ek beskik, elke dag tot my voordeel te kan gebruik en kan benut. Met toewyding, geduld, geloof en deursettingsvermoe het ek ‘n alledaagse resep gebruik en hom buitengewoon goed gedoen. Ek lewe vir vandag, droom oor more, en leer uit gister.

15/06/2026

Goeie more. Ons spesiale aanbod vir die week: Koop 2 groot pasteie vir slegs R45 en bespaar R15. Granny's Pies sal more oop wees tot 15h00,kom kry gerus vir jou iets lekkers

25/05/2026

Enige boer wat sou belangstel in varkkos? Gratis natuurlik!!
Kontak ons by Granny's Pies of kom maak n draai by ons winkel, agter die Astron petrol stasie!

23/05/2026

Enige boer wat sou belangstel in varkkos? Gratis natuurlik!!
Kontak ons by Granny's Pies of kom maak n draai by ons winkel, agter die Astron petrol stasie

May Made Delicious!!Winter's here. The wind is biting. But we've got the cure! 🥧❄️A generously filled pie, fresh and mad...
20/05/2026

May Made Delicious!!
Winter's here. The wind is biting. But we've got the cure! 🥧❄️

A generously filled pie, fresh and made with love. And for the whole month of May, you can get TWO for only R45.

Perfect for lunch, a quick dinner, or warming your hands on the way home.

Don't just survive the cold... enjoy it!!! Come grab your pies today.

99 Loop str Parys
Hot pies. Cold days. Great price!! 💐

Kry lekker tuisgemaakte pasteie hier by Granny's Pies!! Perfekte vinnige ete! Hierdie Mei maand kry 2 vir R45! Kom sien ...
19/05/2026

Kry lekker tuisgemaakte pasteie hier by Granny's Pies!! Perfekte vinnige ete! Hierdie Mei maand kry 2 vir R45! Kom sien ons by 99 Loop straat.

Chicken, Chicken pepperdew, Peppersteak, Steak & kidney, Beef & onion, Cornish, Curry, Bobotie, Bacon & Kaas of Spinasie & feta

Kom kry vir jou lekker tuisgemaakte pasteie hier by Granny's Pies! SPECIAL!! Twee vir R45 die hele Mei maand lank!! Net ...
15/05/2026

Kom kry vir jou lekker tuisgemaakte pasteie hier by Granny's Pies! SPECIAL!! Twee vir R45 die hele Mei maand lank!! Net by 99 Loop straat Parys!

Kom kry lekker tuisgemaakte pasteie vir hierdie koue winter by Granny's pies!! *Special* 2 vir R45 hierdie Mei!!
12/05/2026

Kom kry lekker tuisgemaakte pasteie vir hierdie koue winter by Granny's pies!! *Special* 2 vir R45 hierdie Mei!!

PIES SPECIAL.....Koop twee Pies vir net R45Net by Granny's Pies!!Pepper Steak         CurrySteak & Kidney      BobotieBa...
11/05/2026

PIES SPECIAL.....
Koop twee Pies vir net R45
Net by Granny's Pies!!
Pepper Steak Curry
Steak & Kidney Bobotie
Bacon & Kaas Spinasie & Feta
Beef & Onion Chicken
Cornish

Warm Pies for this cold Weather, 2 for R45 All May month long at Granny's Pies! 🥧❄️Don't let the winter chill catch you ...
05/05/2026

Warm Pies for this cold Weather, 2 for R45 All May month long at Granny's Pies! 🥧❄️

Don't let the winter chill catch you shivering. Grab a hot, homemade pie from us and warm up from the inside out. Perfect for sharing (or not 🤭).

Come by today. Your winter comfort is waiting! 🫶

Lus vir ietsie warm en LEKKER? Kom kry vir jou twee groot pasteie vir R45 by Granny's Pies!! Vars gebak inhuis met liefd...
13/04/2026

Lus vir ietsie warm en LEKKER? Kom kry vir jou twee groot pasteie vir R45 by Granny's Pies!! Vars gebak inhuis met liefde. Groot verskeidenheid van geure beskikbaar!

Vanaf 13 April tot 18 April

Address

99 Loop Street
Parys
9585

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:00
Tuesday 07:30 - 17:00
Wednesday 07:30 - 17:00
Thursday 07:30 - 17:00
Friday 07:30 - 17:00
Saturday 08:00 - 01:00

Telephone

+27761171364

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Granny's Pies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category