16/10/2026
- ONTMOET INGRID DAVE, โN NUWE UITSTALLER -
Ons is opgewonde om Ingrid Dave vanjaar vir die eerste keer as uitstaller by die feesmark te verwelkom. Die 25-jarige Ingrid is โn pottebakker van Bettysbaai. Elke artikel wat sy verkoop, word met die hand gemaak en is uniek. Ingrid is met gesiggestremdheid gebore. Daarom speel die gebruik van haar hande in die vormingsproses van die klei-artikels โn belangrike rol en dra dit ook by tot die uniekheid van elke item.
Ingrid se handewerk word in die heel eerste tent uitgestal. Maak seker dat jy tussen 21 Oktober en 7 November 'n draai by die feesmark maak om dit te siene te kry. Die mark is weeksdae vanaf 10:00 tot 20:00 oop en op Saterdae vanaf 09:00 tot 18:00. Op Saterdag 7 November sluit die mark om 14:00.