08/05/2026
Wanneer 'n mens só geseën word met ongelooflike kliënte met amazing bestellings!
(ek is looooong overdue, maar hier is nog bietjie "magic" van Maart maand)
Ek het weereens die ongelooflike voorreg gehad om vir liewe Lauren met haar 3de Verjaarsdag te bederf, met die bonus dat Boetie, klein Louistjie ook sy 1ste Verjaarsdag vier.
Met Lauren se kleurvolle Fiesta koek, was hulle bederf met my wenner wortelkoek. En hoe kan mens ooit verkeerd gaan met roomkaas versiersel 🤤 En om dit na die volgende vlak te vat, het ek die hele koek met wit sjokolade ganache bo-oor die roomkaas versiersel bedek om seker te maak die koeke hou die trippie al die pad Trompsburg toe.
Klein Louistjie se koek bestaan uit my klam, staatmaker sjokolade koek. En om 'n lekker twist te bring, is dié ook met roomkaas versiersel gevul en met die wit sjokolade ganache bedek.
Die kleiner smash koek weergawe is gemoedsrus vir enige Mamma se siel. Gluten vry en suiker vry, behalwe vir die ganache bedeksel natuurlik 😉
Dankie, dierbaarste Maggie van Zyl, dat ek weereens so kon deel wees van, nie net Lauren se Verjaarsdag nie, maar met Louis sn ook. Julle gesinnetjie is só spesiaal en kosbaar vir my.