28/08/2026
Moenie vergeet nie! 🩷
Halo al my liefste MeelBlommers 🩷
Dis weer tyd vir 'n lekker kompetisie, maar hierdie een is effens anders as die gewone like, share en follow kompetisies 💁🏼♀️
HIERDIE een werk só:
Vir die maande Julie en Augsutus, gaan dinge so werk.
Vir elke bestelling (minstens: 2 laag koek, 24 cupcakes of 20 koekies) wat in hierdie twee maande gemaak word, is 'n inskrywing.
So, as jy 'n 2 laag koek bestel, dan is dit 'n inskrywing, en as jy later die maand of dan in Augustus 24 cupcakes bestel, dan het jy 2 inskrywings!
So elke bestelling, met minstens 1 van daardie items genoem, is 'n inskrywing.
So jy kan SELF kies hoeveel inskrywings jy het, want hoe meer inskrywings, hoe groter jou kans om die prys te wen!
En nou, wat is die prys!?
Jou prys is dan, 'n 2 laag koek MET 24 cupcakes - versier net soos jy dit wil hê!!
Komaan, dis mos 'n lekker prys!
Inskrywings sluit dan 31 Augustus 2026 en wenner word getrek op 1 September 2026.
Plaas julle bestellings vandag nog!! ✨️✨️