Lekker-te

Call Directions

Lekker-te Fyngebak beskikbaar op bestelling in Kimberley.

Dit was vandag Suurdeeg Pizza Basis wat rond gevlieg het in die Kombuis.....😂 3 dae se  F E R M E N T A S I E  platgedru...
08/10/2026

Dit was vandag Suurdeeg Pizza Basis wat rond gevlieg het in die Kombuis.....😂

3 dae se F E R M E N T A S I E platgedruk, rond getrek en met die hand gevorm.
Dit moet AL die lekker bestandele van 'n Pizza - met Karakter - kan dra!

Hoekom soveel klem plaas op hoe lank al Lekker-te Suurdeeg produkte neem?
Hoe langer dit ontwikkel, hoe meer verlaag die glukemiese indeks van die gebak. In ander woorde: dis gesonder!
Dit is dan ook hiérdie kosbare tyd wat al die komplekse geure laat ontwikkel.😇
Soos goeie Wyn en Kaas, maar net BROOD! 🤣

Terug by Pizza basis......
Gedeeltelik gebak, so jy smeer smere, pak jou gunstelling bestandele op, en bedek die randjie met 'n titsel Olyfolie.
12-15 Minute op 200-220 grade Celsius en jy kan eet!

Kyk gerus uit op die Wattsup groep -as daar weer gemaak word - indien jy wil "toets". ♥️

Twee Vrydae om na uit te sien.....🤩Mini Eclair Vrydag 16 Oktober 6 x R150 met aflewering sentraal ingesluit. Bestel teen...
07/10/2026

Twee Vrydae om na uit te sien.....🤩

Mini Eclair Vrydag

16 Oktober

6 x R150 met aflewering sentraal ingesluit.

Bestel teen Maandag 12 Oktober.

Babka Vrydag

23 Oktober

Kaas, Rooi Peper en Krui of Pekanneut & "Maple"

R140 elk. (Beperk tot die eerste 6)

Bestel teen 19 Oktober.

Wattsup direk na 083 233 2971. ☎️

Lekker-te Suurdeegbrood word gemaak met Steengemaalde Meel. 14-18 Ure is betrokke. (Soms meer...)Elke Woensdag en Vrydag...
07/10/2026

Lekker-te Suurdeegbrood word gemaak met Steengemaalde Meel.

14-18 Ure is betrokke. (Soms meer...)

Elke Woensdag en Vrydag beskikbaar by Bliss Coffee Roasting of bestel teen Maandae om 10 op 083 233 2971.
(Wattsup direk) 😇

Dinsdag "op die oog af" oomblik.Lekker-te Plaas-Styl Suurdeegbroodjies is 'n liefdes-werk! 3 dae om presies te wees. 🌿Va...
06/10/2026

Dinsdag "op die oog af" oomblik.

Lekker-te Plaas-Styl Suurdeegbroodjies is 'n liefdes-werk!

3 dae om presies te wees. 🌿

Van waar die meel in die mengbak val, tot waar gesnyde snytjies netjies in 'n sakkie verpak word verg dit baie liefde, toewyding en geduld.

Dié resep ontwikkeling self het ook BAIE tyd en eksperimenteer gevra.

Ek is vas oortuig dat hierdie "vroulike" broodjies is. Baie temperamenteel as dit by die weer kom! 🤣

Plat Roosterbrood en BRAAI Broodjies is hul roeping.

Geniet hulle op die Spyskaart by Bliss Coffee! 😎

Of bestel op 083 233 2971.
R120 elk.

ALLES van BOLLETJIES rol en 'n GROOT gier tans in die bakwêreld. Gevulde "New York" Styl Nutella en Biscoff Koekies. 🤩Jy...
05/10/2026

ALLES van BOLLETJIES rol en 'n GROOT gier tans in die bakwêreld.

Gevulde "New York" Styl Nutella en Biscoff Koekies. 🤩

Jy eet net een! Dalk vir dae....🤭

Beskikbaar op bestelling.
(R55 elk - Minimum van 6)
Of kyk uit indien ek op die ingewing van die oomblik weer bak en adverteer. 😉😎

Kiekies - vir almal wat hou van prentjies.

Op 'n ander noot as B R O O D ...Welkom   O k t o b e r .... 🤩Die jaar is aan die verby rol.Die plan is om op 'n "soeter...
01/10/2026

Op 'n ander noot as B R O O D ...

Welkom O k t o b e r .... 🤩

Die jaar is aan die verby rol.

Die plan is om op 'n "soeter" noot te eindig.
Die woord van die jaar is "aanpasbaar".
Wat beteken.....ek gaan my bes probeer 🤣

Kyk ook uit vir 'n "groen" projek wat op die oomblik broei. 🤩

Pak wat oor is van 2026 met mening aan!
As die lewe druk, druk terug.

En wuif gerus vriendelik indien ons mekaar iewers raak loop. 👋

Vars gebakte Suurdeegbrood op die rak by Bliss Coffee Roasting .🤩Geniet hulle! 😇
30/09/2026

Vars gebakte Suurdeegbrood op die rak by Bliss Coffee Roasting .🤩

Geniet hulle! 😇

Stalletjie 40......Jy was goed vir my! 🤩Vir ongeveer 18 maande het ek die voorreg gehad om deel te kon wees van Markdae ...
28/09/2026

Stalletjie 40......
Jy was goed vir my! 🤩

Vir ongeveer 18 maande het ek die voorreg gehad om deel te kon wees van Markdae by die McGregor Museum.
Wat 'n voorreg! 😇

Tans beweeg Lekker-te op die maat van 'n nuwe ritme.....wat beteken dat ek voortaan nie meer 'n spasie op daardie lekker kuier stoep sal kan vol staan nie.

Wees egter gerus dat jy steeds 2 keer per week bBliss Coffee Roastingng kan instap en VARS Suurdeegbrood van die rak af haal. 😇
Woensdae en Vrydae.
(Hou maar net kennisgewings of die Lekker-te Wattsup groep dop vir veranderings nou en dan.😉)

Kontak my ook persoonlik op 083 233 2971 indien ek by jou moet pitstop op die weeklikse brood roete 🤣
Bestellings is steeds BAIE welkom vir Woensdae en Vrydae.
(Maandae voor 12 asseblief 👏🏻)

Hou ook gerus aan om plaaslike talent by Market for Charity te ondersteun.
Dis 'n Mark met hart. ❤️

22/09/2026

Erfenisdag lê om die draai......🇿🇦

Daar sal NIE Vrydag Brood beskikbaar wees nie.
Môre word wel 'n VARS Baksel afgelewer by Bliss Coffee Roasting. 😉

Geniet hulle en lekker BRAAI! 🔥

Prioritiseer Pannekoek vandag! 🤩(of sommer die hele naweek 🤭)Vandag het ek my "Frans" gehou. 👩‍🎨Hul weergawe "Crêpes" wo...
18/09/2026

Prioritiseer Pannekoek vandag! 🤩
(of sommer die hele naweek 🤭)

Vandag het ek my "Frans" gehou. 👩‍🎨
Hul weergawe "Crêpes" word sonder rysmiddels gemaak, meer eiers en melk.
Dis ryk en romerig.

1,2,3.....Kaneel my nou! 🤣

Address

Kimberley

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 13:00

Telephone

+27832332971

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lekker-te posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category