18/10/2026
*Boerewors pasteitjies*
500g goeie kwaliteit boerewors
1 rol (400g) Today blaardeeg
1 eier, geklits
poppy of sesame sade (opsioneel)
*Metode:*
1. Verwyder die velletjie van die wors met 'n sker deur al langs die bokant van die wors 'n slit in die velletjie te sny.
2. Vou die blaardeeg oop op 'n snyplank en smeer die geklitse eier met 'n deegkwassie oor die hele blaardeeg.
3. Gebruik 'n skêr om die blaardeeg in vier ewe groot stukke te sny.
4. Gebruik 'n vurk om die onderste 1 cm van elkeen van die blokke deeg kepies in te druk.
5. Neem 'n stukkie wors wat dieselfde lengte as die blaardeeg is en sit dit in die middel van een van die vier blokke wat gesny is.
6. Begin dit op te rol - die wors moet lekker stewig en styf in die deeg gerol word.
7. Vou die soom van die deeg stuk-stuk met flappies oor om seker te maak die deeg is stewig vas en dat dit nie oopbars wanneer dit bak nie.
8. Sit die seël aan die onderkant.
9. Smeer die bokant van elke rol met geklitse eier en strooi poppy- of sesame sade oor indien jy dit gebruik.
10. Gebruik 'n skêr om die deeg te sny. Sny dit in 3 dele vir 'n kosblikhappie, in 6 dele vir vingerhappies of hou dit heel indien jy dit as 'n maaltyd wil bedien.
11. Pak dit op 'n gesmeerde bakplaat en bak in 'n voorverhitte oond teen 180ºC (termowaaier oond) of 200ºC (sonder 'n termowaaier) vir ongeveer 25 minute.
12. Verwyder die pasteitjies so vinnig as moontlik van die bakplaat, sodat dit nie die vet wat uit die wors gebak het, absorbeer nie.
13. Bedien warm met 'n doopsous as vingerhappies of 'n slaai as hoofmaaltyd.