25/08/2025
Laai Seeff se link af en gaan stem asb. Groetnis Esté Laubscher
'n klein koffiewinkel waar mens baie liefde ontvang!
Wellington
7655
| Tuesday | 10:00 - 16:00 |
| Wednesday | 10:00 - 16:00 |
| Thursday | 10:00 - 16:00 |
| Friday | 10:00 - 16:00 |
| Saturday | 10:00 - 13:00 |
Be the first to know and let us send you an email when Net 'n Bietjie Liefde posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
2015 het Anel Smit met hierdie gedagte na vore gekom. Soos ons almal weet, benodig mens fondse om met enige projek te begin. In 2016 neem ‘n wonderlike wyksgroep vanuit die Moedergemeente hierdie idee en reël te Bergkroon ‘n funksie waar die sanger/komidiant Andries Vermeulen optree. ‘n Reuse sukses en hierdie gelde word dadelik beskikbaar gestel vir ‘n koffiewinkel te Silwerkruin Ouetehuis. So volg daar nog skenkings uit verskillende oorde van kosbare vriende. Franscois Nortje trek die planne op die die res is geskiedenis. Januarie 2019 word ek, Esté Laubscher deur mev Yvonne Booysen genader rakende hierdie projek. Die komitee het my genomineer vir die bedryf van hierdie koffiewinkel. Daar volg nog vergaderings en so besluit ek dus om hierdie geleentheid met alles aan te gryp. Ons open Maandag, 15 April 2019. ‘n Onthou-oomblik vir altyd. Die inwoners knip die lint en daarna koffie, tee en koek ons vir ‘n dag lank. My groot wens is dat almal hierdie koffieshop sal ondersteun. Hier glo ons in lekker lag, klompe stories word uitgeruil en ons gaan met liefde in ons harte huistoe.
Ek nooi een en elk uit om te kom kuier by Net ‘n bietjie liefde. Gebruik die hoofingang by Silwerkruin en volg die reuk van koffie.