02/04/2023
Waarskuwing!!!!! Indien enige iemand oorweeg om van Top Quality Plant óf Jeanrie Goosen se dienste gebruik te maak, lees ásseblief eers hier!
Ek wil graag almal waarsku wat met Top Quality wil besigheid doen. Jeanrie Goosen het my suster en haar man met R152 000 bedrieg. Ek het die bewyse daarvan op skrif. Hul het n saak van bedrog teen hom aanhangig gemaak. My suster en haar man het die volle bedrag soos deur hom gekwoteer is vooruit beyaal, soos sy vereiste was. Hy en Nikita het saam gewerk want my suster-hulle het spesifiek opdrag gekry om die geld in Nikita se persoonlike bankrekening in te betaal. Hy het net aanhou belowe hy sal nog by hulle opdaag om die werk te doen (goedere en n container wat vervoer moes word), maar het net eenvoudig die geld gevat en nooit opgedaag om die werk te doen nie. Hul het hom 3 weke lank gesoebat om die goed te kom laai en na 3 weke moes hul n ander maatskappy nader om die werk te doen. Die R152 000 was van hul pensioengeld wat hul moet gebruik om te oorleef (my suster en haar man is albei pensioenarisse), maar dis nou 3 maande later en hy het net begin weier om verder te kommunikeer. Hy het wel al hul boodskappe gelees maar bloot geweier om met hul te kommunikeer. Indien enige iemand die bewyse soek, kontak my ASB vóórdat u besigheid met Top Quality Plants óf Jeanrie Goosen doen.
Gerda-Marié van Zyl
083 7090803