15/06/2026
’n Week gelede het ons yskas besluit om op te hou werk — met 60 brode suurdeeg daarin!
Gelukkig verloop alles nou weer seepglad, en dít is hoe Sondag-bakdae behoort te lyk.
Daar is min dinge so bevredigend soos om ná die kerk by die bakkery aan te kom en perfek gerysde deeg te sien wat net wag om gebak te word. Die beloning? Groot, goudbruin suurdeegbrode vars uit die oond.
Kom loer gerus vandag in by Caltex Truck Stop Deli vir ons heerlike artisan suurdeegbrode, en kyk ook na al die ander produkte wat ons aanbied. Van warm etes tot gehalte bevrore vleis — alles word met dieselfde sorg en passie voorberei as ons brode.
Die plaaslike artisan manier. 🍞❤️