04/04/2023
πππ§πππ π’π¬ ππ’π ππ¨ππ€ππ₯π’π€ π π£πππ« π’π§ πππ¬ππππ§.
Sou dit nie interessant wees om te weet presies hoeveel koeke, pies, koekies en beskuit by die deure uit is nie? Hoeveel blikkies karamel, kondensmelk en sakke meel is gedurende die laaste 5 jaar nie deur ons hande om heerlike gebak te maak nie?
Vandag, na 5 jaar se harde werk en diens, is dit tyd om aan te kondig dat Die Koekblik Swellendam permanent toe maak. Ons laaste dag van verkope sal ππ ππ©π«π’π₯ ππππ wees.
Ons wil graag al ons kliente bedank vir julle ondersteuning, vriendelikheid en lekker geselsies. Dankie vir al die bestellings en inloer! Dit was vir ons 'n groot voorreg om die laaste 5 jaar 'n klein besigheid te bestuur in Swellendam waar daar soveel mense van oral om ons ondersteun het.
Baie liefde,
Die Koekblik Span
π€ππ§