Jardine's Deli - Stilbaai

Jardine's Deli - Stilbaai Cakes, tarts & home-baked in Stilbaai. Available at SPAR, OK Foods & SPAR Riversdale. Order NOW!

Jardine's Deli - Stilbaai vier 540 ondersteuners op ons Facebook-bladsy - baie baie dankie!🧁🍰Kyk gerus uit vir ons heerl...
10/06/2026

Jardine's Deli - Stilbaai vier 540 ondersteuners op ons Facebook-bladsy - baie baie dankie!

🧁🍰Kyk gerus uit vir ons heerlike, vars tuisgebak op die rakke by SPAR en OK Foods in Stilbaai asook by SPAR Riversdale en kies jou gunsteling koek, kolwyntjies, tert of wortelkoekbroodjie.

🎂Vir bestellings vir temakoeke vir enige geleentheid of tuisgebak vir funksies, stuur gerus vir Jessica 'n WhatsApp by 072 412 6223.

Op soek na die mooiste koek vir 'n spesiale verjaarsdag - of troue - of 'n doop - of sommer net omdat die kleinkinders k...
02/06/2026

Op soek na die mooiste koek vir 'n spesiale verjaarsdag - of troue - of 'n doop - of sommer net omdat die kleinkinders kom kuier?

👉Kontak ons by Jardine's Deli - Stilbaai gerus - ons bak en versier volgens elke kliënt se unieke behoeftes.

🧁🍰Ons ander vars tuisgebak is beskikbaar by SPAR en OK Foods in Stilbaai asook by SPAR Riversdale.
Nie net is daar sjokolade-, vanilla- en wortelkoek en -kolwyntjies nie, maar ook 'n verskeidenheid heerlike terte (groot en klein) asook dadelballetjies en biltongbroodjies.

Vir enige bestellings, stuur vir Jessica 'n WhatsApp by 072 412 6223.

Geniet elke krummeltjie!

Niemand is te oud vir 'n baie spesiale verjaarsdagkoek nie!En by Jardine's Deli - Stilbaai bak en versier ons dit volgen...
25/05/2026

Niemand is te oud vir 'n baie spesiale verjaarsdagkoek nie!
En by Jardine's Deli - Stilbaai bak en versier ons dit volgens elke unieke kliënt.🎂

👉Stuur gerus vir Jessica 'n WhatsApp by 072 412 6223 - sodat ons daardie besonderse koek vir enige spesiale geleentheid kan bak - vir verjaarsdae of vir troues of vir enige geleentheid wat gevier word!

Maar elke dag is daar iets spesiaal wat gevier kan word.
Kry Jardine's Deli se heerlike vars tuisgebak by SPAR en OK Foods in Stilbaai asook by SPAR Riversdale.
Van 'n verskeidenheid koek en terte (groot en klein) asook wortelkoekbroodjies, kolwyntjies en meer - geniet dit! 🧁🍰

Sjoe, dit was omtrent 'n rowwe paar dae! Ons is dankbaar dat die kragtoevoer weer herstel is - wat beteken ons kon bak e...
15/05/2026

Sjoe, dit was omtrent 'n rowwe paar dae!
Ons is dankbaar dat die kragtoevoer weer herstel is - wat beteken ons kon bak en het die rakke by SPAR en OK Foods in Stilbaai asook by SPAR Riversdale volgepak met ons heerlike, vars tuisgebak, net betyds vir die naweek wat voorlê.🧁🍰🎂

Kry vandag nog koek, tert of kolwyntjies of selfs kleiner vingerhappies soos dadelballetjies, tertdoppies of biltongbroodjies!

Ons neem ook bestellings vir temakoeke en ander gebak vir enige funksies.
Stuur gerus vir Jessica 'n WhatsApp by 072 412 6223

Geniet die naweek - en onthou: geniet elke krummeltjie!

Sondag is Moedersdag.Jardine's Deli wens alle moeders 'n baie besonderse dag toe.🍰💐Ons hoop julle word bederf - met baie...
09/05/2026

Sondag is Moedersdag.
Jardine's Deli wens alle moeders 'n baie besonderse dag toe.🍰💐
Ons hoop julle word bederf - met baie liefde en kosbare tye...

Deel dié dag saam met spesiale familie en vriende - en heerlike tuisgebak van Jardine's Deli - Stilbaai.
🧁🍰 Daar is vars tuisgebak op die rakke by SPAR en OK Foods in Stilbaai asook by SPAR Riversdale - van sjokoladekoek, vanilla- en wortelkoeke tot 'n verskeidenheid heerlike terte en vingerhappies, nét reg vir spesiale oomblikke...

Geniet dit!🩷🌸

Wat is 'n kinderpartytjie sonder 'n mooi koek - spesiaal vir dié een wat verjaar! 🎂🍰By Jardine's Deli - Stilbaai bak en ...
29/04/2026

Wat is 'n kinderpartytjie sonder 'n mooi koek - spesiaal vir dié een wat verjaar! 🎂🍰

By Jardine's Deli - Stilbaai bak en versier ons die mooiste - en lekkerste! - koeke wat groot vreugde vir jonk en oud verskaf.

Bestel gerus daardie spesiale koek - vir verjaarsdae, troues of familiekuiers.
Stuur vir Jessica 'n WhatsApp by 072 412 6223.

Kry egter sommer nou reeds van ons heerlike, vars tuisgebak.
Jardine's Deli se koek, terte, wortelbroodjies, kolwyntjies, biltongbroodjies en meer, is beskikbaar by SPAR en OK Foods in Stilbaai asook by SPAR Riversdale.

Geniet dit!

Dit is langnaweek - en dit is genoeg rede om ons heerlike tuisgebak te geniet!Jardine's Deli se vingerlek-lekker eetgoed...
24/04/2026

Dit is langnaweek - en dit is genoeg rede om ons heerlike tuisgebak te geniet!

Jardine's Deli se vingerlek-lekker eetgoed is beskikbaar by SPAR en OK Foods in Stilbaai asook by SPAR Riversdale.
Hier is 'n verskeidenheid van ons smullekker koeke; groot en kleiner terte; sjokoladekoek-, vanilla- of wortelkoekkolwyntjies in verpakkings van 4 of 6; wortelkoekbroodjies en selfs dadelballetjies en biltongbroodjies - te lekker!

Geniet dit!

'n Koek wat mooi versier is en boonop vingerlek-lekker is, is altyd baie spesiaal vir enige geleentheid - verjaarsdae, t...
22/04/2026

'n Koek wat mooi versier is en boonop vingerlek-lekker is, is altyd baie spesiaal vir enige geleentheid - verjaarsdae, troues, doop of die laaste - of eerste - skooldag ... of sommer wanneer familie en vriende saam kuier.

By Jardine's Deli - Stilbaai put ons groot vreugde daaruit om die lekkerste koeke te bak en volgens kliënte se versoeke te versier.

Kontak ons gerus vir die mooiste, lekkerste koek vir daardie spesiale geleentheid.

Vir bestellings, stuur vir Jessica 'n WhatsApp by 072 412 6223.

Jardine's Deli - Stilbaai se ander vars tuisgebak is beskikbaar by SPAR en OK Foods in Stilbaai asook by SPAR Riversdale.

Verjaar 'n baie spesiale persoon binnekort?🎂Dalk kom die familie kuier of word 'n besonderse geleentheid gevier waarvoor...
09/04/2026

Verjaar 'n baie spesiale persoon binnekort?🎂
Dalk kom die familie kuier of word 'n besonderse geleentheid gevier waarvoor 'n unieke koek benodig word.🎉🎁🍰

Kontak dan gerus vir Jardine's Deli - Stilbaai. Hier bak en versier ons die mooiste koeke vir enige geleentheid.

Blaai deur die foto's op dié Facebook-bladsy vir voorbeelde van ons handewerk.
Jardine's Deli sien daarna uit om 'n besonderse koek vir daardie spesiale geleentheid op te tower.

Vir bestellings, stuur vir Jessica 'n WhatsApp by 072 412 6223.

Ons ander heerlike tuisgebak is beskikbaar by SPAR en OK Foods in Stilbaai asook by SPAR Riversdale.

Dit is Paasnaweek en skoolvakansie - en dit is genoeg rede om ons heerlike tuisgebak te geniet!Jardine's Deli se vingerl...
02/04/2026

Dit is Paasnaweek en skoolvakansie - en dit is genoeg rede om ons heerlike tuisgebak te geniet!

Jardine's Deli se vingerlek-lekker eetgoed is beskikbaar by SPAR en OK Foods in Stilbaai asook by SPAR Riversdale.
Hier kan jy kies uit ons verskeidenheid koeke; groot en kleiner terte; sjokoladekoek-, vanilla- of wortelkoekkolwyntjies in verpakkings van 4 of 6; wortelkoekbroodjies en selfs dadelballetjies en biltongbroodjies - te lekker!

Geniet die samesyn - én ons tuisgebak!

Address

11 Anemoon Avenue, Still Bay West, Still Bay
Stilbaai
6674

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:30 - 15:00
Sunday 09:00 - 13:00

Telephone

+27724126223

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Jardine's Deli - Stilbaai posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share