Uitkyk melkery

Uitkyk melkery Melkery in die Standerton omgewing

Address

Standerston
2430

General information

Wie is Uitkyk Melkery? Uitkyk Melkery is geleë in die ou Hulla Hoop perseel in die Spar kompleks in Prinsesstraat, Standerton. Uitkyk Melkery het ontstaan in 2012 toe Leeukraal melkery sy melkverspreidingsbesigheid uitgebrei het na ʼn winkel in die ou Hulla Hoop perseel. Die eienaars, Peet en Alna Blignaut is saai-, vee- en melkboere van die Standerton distrik. Peet en Alna het die besigheid in September 2014 gekoop. Die besigheid bestaan uit die melkstal op die plaas, verspreidingsdepot en die winkel. Uitkyk Melkery se dinamiese span bestaan uit 15 mense wat regstaan om om te sien na elke kliënt se behoeftes. Uitkyk Melkery se eerste prioriteit is kliëntediens en hulle streef daarna om produkte van hoë gehalte en kwaliteit te verskaf. Uitkyk Melkery se hoof besigheid is melk en melkprodukte sowel as vrugtesappe en plaasprodukte. Hulle produkte word plaaslik vervaardig en hulle is besig met die laaste stappe om aan die standaard gestel deur die Standard Dairy Agency te voldoen (Food audit). Kwalifresh, die tuisnywerheid onder bestuur van Amanda Haasbroek, is ook onder dieselfde dak en verantwoordelik vir die heerlike tuisgebak. Kwalifresh hou die rakke vol heerlike koek en ander gebak en doen verjaarsdae-, troues-, ooievaarstees en dope, terte en soet- en soutborde vir enige geleentheid op bestelling, skakel gerus vir Amanda. Uitkyk Melkery se verwerking en bemarking word alles plaaslik behartig. Uitkyk Melkery is ʼn vlak 4 BEE-bydraer en hul verspreidingsarea vir vars melkprodukte sluit Standerton, Evander, Secunda, Bethal, Trichardt, Morgenzon, Greylingstad, Vrede, Memel en selfs Cornelia in. Kyk uit vir hulle afleweringsvoertuie in u omgewing. Wat verkoop Uitkyk Melkery? Melk en Melk produkte: Melk, Amasi, Room, Karringmelk, Botter (Ongesoute, gesout en Knoffel) Kaas (Cheddar, Wit Cheddar, Gouda, Feta) Drinkbare Jogurt, roomys en roomys produkte (Melk ysies, cones & suiker-cones, nagereg souse. Ander plaas produkte: Sappe, (100%: lemoen, litchi, bosbessie & kersie, pynappel & wortel, 5-vrugte en Eksotiese vrugtemengsel) (50%: Mango & Lemoen, Tropies, Perske & Appelkoos, Guava). Plaas-eiers, heuning, brood, water, vark-russians, vis (Snoek, hake, shrimp, prawns, seafood mix), heel plaashoenders en verpakte snitte soos patties, strips en schnitzels. Herlaai lugtyd en krag, tydskrifte, lekkers, brikette, blits en selfs toiletpappier. Tuisgebak: Koeke (vanilla, sjokolade en vla-koeke, karamel, arbei & grenadella), vleispasteitjies, souttertjies, vetkoek & maalvleis, appeltertjies, ystervarkies, dadelballetjies. Koekies; Vla, gemmer, sjokolade korreltjie, koffie en gemengde koekies. Beskuit: anys & boere beskuit, verskeidenheid bak bestanddele. Op bestelling: Verjaarsdagkoeke, soet- en soutborde, en terte. Enigiemand wat hunker na vars plaasmelk en -produkte sal nie ‘n fout maak wanneer hulle Uitkyk melkery besoek nie. Dié melkery verskaf ook aan winkels, gastehuise, skole, koshuise, ouetehuise, koffiewinkels en besighede (Melk en water vir teetyd). Gesels gerus met Alna Blignaut indien u ʼn herverkoper is. Ons melk word gepasteuriseer. Die pasteurisasie proses vernietig mikro-organismes wat die volgende siektes veroorsaak, tuberkulose, ingewandskoors, skarlakenkoors, seerkeel, witseerkeel en maagkwale. Uitkyk melkery se melk het ʼn raklewe van 5 tot 7 dae indien dit in die koue ketting bly. Nuttige wenke om die raklewe van melk te verleng: Moenie melk in ‘n warm kar los nie (melk se lewe verkort sodra melk warmer as 7°C word); Bêre die melk in die binnekant van die yskas en nie in die deur nie, as gevolg van die oop en toe maak van die deur is die deur die warmste plek in die yskas; Was jou houer met ʼn alkaliese seep (beskikbaar by uitkyk melkery) moenie jik of bleikmiddel gebruik nie, dit verkort die melk se lewe; Hoe kouer die melk hoe langer die rak lewe, moet asb. nie die melk op die rak los nie.

Telephone

0832625362

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Uitkyk melkery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Uitkyk melkery:

Share

Category