07/06/2026
Bietjie Trivia oor Mona's Royal Icing Koekies
🌾 Mona's is gebore uit 'n droogte.
Die besigheid het ontstaan in 'n poging om ons plaas finansieel te help dra tydens moeilike jare.
✂️ Nie alle koekies begin met 'n cutter nie!
Ongeveer 50% van Mona's se koekies word met die hand uitgesny, omdat ek nie altyd die spesifieke koekiedrukker vir elke unieke tema het nie.
🥃 Ons verf Suid-Afrikaans!
Terwyl baie koekiekunstenaars vodka gebruik om met voedselkleursel te verf, gebruik Mona's brandewyn – want dit is eg Suid-Afrikaans!
Geen twee koekies is ooit 100% dieselfde nie.
Dis die mooi van handgemaakte kuns – elke koekie het sy eie unieke karakter.
Dankie dat jy Mona's ondersteun en deel is van hierdie soet avontuur! 🍪🤍