O ' Koek

O ' Koek Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from O ' Koek, Bakery, 9499, Kroonstad.

26/04/2026
Mini Koek Versier Kuier 🌿Sluit by ons aan vir ’n gesellige oggend vol kreatiwiteit, blomprag en heerlike bederf!✨ Wat om...
23/03/2026

Mini Koek Versier Kuier 🌿
Sluit by ons aan vir ’n gesellige oggend vol kreatiwiteit, blomprag en heerlike bederf!
✨ Wat om te verwag:
Versier jou eie mini koek
Werk met vars, pragtige blomme
🌸 ’n Spesiale samewerking tussen
O'Koek & Goedeverwagting Blomme Plaas
📅 Datum: 25 April 2026
⏰ Tyd: 10:00
📍 Plek: Oppi-Koppi
💰 Prys: R350 per persoon
🎀 Kom kuier saam, leer iets nuuts en vat jou pragtige skepping huis toe!

Vir jou geliefde vir Valentynsdag. Bestel betyds, daar is net n sekere hoeveelheid beskikbaar.
04/02/2026

Vir jou geliefde vir Valentynsdag.
Bestel betyds, daar is net n sekere hoeveelheid beskikbaar.

O' Koek sê dankie vir ’n wonderlike 2025.Elke koek bestelling is met soveel liefde, regte botter en vars room gemaak. 🧈🍰...
21/12/2025

O' Koek sê dankie vir ’n wonderlike 2025.
Elke koek bestelling is met soveel liefde, regte botter en vars room gemaak. 🧈🍰
My laaste midnight delivery is vanaand in Bloemfontein, en daarna is O Koek gesluit tot 12 Januarie.
Geseënde Kersfees en ’n voorspoedige Nuwejaar vir elkeen van julle.
Mag ons onthou waaroor die feestyd werklik gaan. Koester jou familie en vriende — ons is almal net hier op geleende tyd. Die lewe is kort, so gaan groot. ✨

💍✨ ’n Baie spesiale troukoek vir my neef en sy pragtige bruid ✨💍Wat ’n voorreg en seën om hierdie besonders troukoek vir...
16/10/2025

💍✨ ’n Baie spesiale troukoek vir my neef en sy pragtige bruid ✨💍

Wat ’n voorreg en seën om hierdie besonders troukoek vir hulle groot dag te kon bak! 💖
’n Sagte vanillakoek met aarbei-vulsel en bedek met wit sjokolade-botterversiersel – eenvoudig, elegant en vol liefde gemaak. 🎂🍓🤍

Dankie dat ek deel kon wees van julle spesiale dag – elke laag is met liefde gebak! 💫

Gaan maak n draai by die Sinkstoor in Border Str en kry jou O'Koek cupcakes daar.  Sinkstoor
03/10/2025

Gaan maak n draai by die Sinkstoor in Border Str en kry jou O'Koek cupcakes daar. Sinkstoor

🌿🥕 Wortelkoek Liefde 🥕🌿By O’Koek bak ons met passie – en dit wys in elke sny! Ons lae wortelkoek is perfek gebalanseer m...
25/09/2025

🌿🥕 Wortelkoek Liefde 🥕🌿

By O’Koek bak ons met passie – en dit wys in elke sny! Ons lae wortelkoek is perfek gebalanseer met klam, geurige koeke, romerige roomkaas versiersel tussen elke laag en ’n topping van knapperige pekanneute.

Dis nie net ’n koek nie, dis ’n stuk geluk op ’n bord. 💛✨

👉 Bestel joune vandag nog en geniet ’n ware bederf! Whatsapp 0824417931

✨🍰 Nuwe gunsteling by O’Koek! 🍰✨Ons Dadel & Pekanneut Meringue-Nougat Koek is hier om jou smaakknoppies te verwen 🌿Lae s...
15/09/2025

✨🍰 Nuwe gunsteling by O’Koek! 🍰✨

Ons Dadel & Pekanneut Meringue-Nougat Koek is hier om jou smaakknoppies te verwen 🌿
Lae sagte botterkoek, bedek met ligte meringue, gevul met vars room, sappige dadels en bros pekanneute. 🥰

Elke happie is ’n kombinasie van soet, romerig en neuterig – ’n ware bederf vir enige spesiale geleentheid (of sommer net omdat jy lus is 😉).

💛 Met room, botter & liefde gebak – soos altyd by O’Koek. Whatsapp vir bestellings 0824417931

Die Death by Chocolate ✨🍫 Sjokolade-Neut Ganache Mousse & Karamel Koek 🍫✨’n Ryk donker sjokolade koek, perfek gebalansee...
10/09/2025

Die Death by Chocolate

✨🍫 Sjokolade-Neut Ganache Mousse & Karamel Koek 🍫✨

’n Ryk donker sjokolade koek, perfek gebalanseer met lae silkagtige sjokolademousse, romerige karamel, en afgewerk met neut-ganache en gekristalliseerde karamelstukke. 🌰🔥

Elke sny is ’n dekadente ervaring – gemaak met room botter en baie liefde. 💕

Bestel vandag nog die treffer koek by 0824417931

✨ Die Pampoenie by O’Koek! ✨Hierdie pragtige laagkoek is iets besonders:🎂 Sagte pampoenkoek-lae🍯 Gevul met romerige kara...
09/09/2025

✨ Die Pampoenie by O’Koek! ✨

Hierdie pragtige laagkoek is iets besonders:
🎂 Sagte pampoenkoek-lae
🍯 Gevul met romerige karamel kondensmelk
🤍 Afgewerk met fluweelsagte wit sjokolade botterversiersel
🍮 En as kroon: ’n ryk, tuisgekookte dulce de leche wat oor die kante drup… met gebreekte Crunchies.

Dis pure groente-inspirasie🤪 – gemaak met room, botter en liefde. 💛

Bestel joune vandag nog en bring die smaak van warmte en soet bederf huis toe.

📍 O’Koek | WhatsApp 0824417931 vir bestellings

Address

9499
Kroonstad
9499

Telephone

+27824417931

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when O ' Koek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to O ' Koek:

Share

Category