The Flying Apron

The Flying Apron Luscious, lip-smacking cupcakes made with love �
(1)

Hallo julle!!It's been a little while vandat ek laas gewys het wat ek bak... Baie het gebeur, en daar is nooit genoeg ty...
26/03/2024

Hallo julle!!

It's been a little while vandat ek laas gewys het wat ek bak... Baie het gebeur, en daar is nooit genoeg tyd vir niks nie 😉.
Maar op ñ bak-noot... Die Blom het verlede week verjaar, en het aangedring op ñ ballerina-tema 😁. Ek wou-wou dit aandurf om die ballerina vir die topper uit fondant te maak, MAAR het daarteen besluit as gevolg van 'n geduld-kwessie... So het Danielle Botes van Salty Breeze toe eerder vir my die ballerina geprint. Amazin' Glazin' het vir my die macarons gebak. En jaaaaaa, daar is 'n grooooot verskil tussen 'n macaron en 'n macaroon 😉. Bygesê, hulle was heeeeeerlik 😁. Die koek self was strawberry met with sjokolade ganache as vulsel. Die buttercream was met daai selfde ganache gegeur...

Die tweede lot gebak was cupcakes vir gister... Sjokolade koek en buttercream met karamel-vulsel. Die surfboard-toppers het ek self gemaak en geverf.

Vandag se "mission" is honde en katte vir Donderdag se cupcakes... Fotos sal volg.

Vir die wat gelukkig genoeg is om Nou vakansie te hê, geniet dit verskriklik baie!! En met dit wens ek almal ook sommer n vroeë Geseënde Paasfees toe!! As julle ver ry, wees asb veilig!!

Cupcake-groete
Carla 🧁🧁🧁

*KRISMIS BY DIE VAN'S...*Hallo julle!!Geseende laat Kersfees vir almal....Soos julle almal weet, dis nie rerig n tyd van...
31/12/2023

*KRISMIS BY DIE VAN'S...*

Hallo julle!!

Geseende laat Kersfees vir almal....

Soos julle almal weet, dis nie rerig n tyd van rus nie 😉. Mens wil mos maar jou huis nét reg, en so spesiaal as moontlik laat lyk - en dit vat baaaaie tyd en effort - moenie eens van die skoonmaak tussendeur praat, en die Blom wat 50 miljoen keer op n dag se "Mamma..." nie. (Hiehiehie, laasgenoemde is met tonne liefde gese ❤️)
Van koekies bak (en wegstuur vir lief-mense wat ver is), tot gnomes maak en liggies hang en alles tussenin... Name it, dis gedoen hierdie jaar.

Ek het op Pinterest, en sommer oral op die internet gesien - dat charcuterie boards die nuwe "ding" is.... En glo my, dit is. Die familie wat hier was, het properly gesmul. Van verskillende kase, tot jampies wat heel agter uit die hoek van die rak by Checkers gehaal is - want die Transvalers shop Jeffreys leeg hierdie tyd van die jaar... Tuisgemaakte patee, snoekslaai en koekies. Ek sal dit beslis aanbeveel om te probeer...

Ek bekyk nou vanoggend die Boom so, met sy liggies wat nog fl***er - te fraai - en ek d**k
oor die jaar wat verby is... Eintlik met nostalgie.
Ek mis my pa en my broer en skoonsus en my maats van lank gelede en steeds - wat ver is... En ek mis my ouma wat ñ rukkie gelede oorlede is...
Dit was eintlik ñ mooi jaar wat nou so op sy heup lê en wag vir vanaand se sjampanje. Met al sy ups and downs. Mens sal d**k, daars baie goed wat jy kon anders doen, maar daar is baie meer goed - wat perfek was en is. En met dit, wil ek vir almal wat hierdie page follow se, baie baie dankie vir julle ondersteuning. Die bak was baie, en die fotos nie so gereeld nie.
Ek wens vir julle almal n verskriklike mooi en goeie 2024 toe!! En mag die perfekte oomblikke, net meer wees. Onthou, find joy in the little things!!

🧁Cupcake-groete🧁
Carla xoxo

Rainbows and mermaids are proof that imagination and beauty go hand in hand...Vanilla cupcakes met roomkaas-reënboog vul...
26/08/2023

Rainbows and mermaids are proof that imagination and beauty go hand in hand...

Vanilla cupcakes met roomkaas-reënboog vulsel 🧁🧁🧁
Sjokolade is handgemaak en geverf. 100% eetbaar en gemaak met tonne liefde ❤️❤️❤️

Wanneer dit koud is, en jou huis-mense is lus vir iets... Dan maak mamma piesang-muffins en tee 😉🧁🧁🧁
09/04/2023

Wanneer dit koud is, en jou huis-mense is lus vir iets... Dan maak mamma piesang-muffins en tee 😉

🧁🧁🧁

Always be yourself...Unless you can be a mermaid.Then always be a mermaid 😁
17/03/2023

Always be yourself...
Unless you can be a mermaid.
Then always be a mermaid 😁

It's going to be a rainbows and unicorns kind of day 🦄🦄🦄
17/03/2023

It's going to be a rainbows and unicorns kind of day 🦄🦄🦄

Koek vir 'n 21ste...Pienk en wit amarula sponskoek met karamel, en ombre amarula buttercream...
15/03/2023

Koek vir 'n 21ste...

Pienk en wit amarula sponskoek met karamel, en ombre amarula buttercream...

15/03/2023

Goeiemore julle!!

It's been a while ne...

Net so 'n vinnige update... Die voorskoot se deure is weer semi oop ☺️. Om die waarheid te sê, was hulle nie heeltemal toe nie...
Ek het so paar projekkies intussen gehad - waarvan ek gou foto's sal plaas...

So, intussen - as jy lus word vir 'n cupcake, laat weet my - ek bak graag 😉.

🧁Cupcake-groete🧁
Carla xoxo

Soos Emma Stone sal sê: "You're human. You live once and life is beautiful... So eat the damned red velvet cupcake" 🧁🧁🧁B...
02/11/2022

Soos Emma Stone sal sê: "You're human. You live once and life is beautiful... So eat the damned red velvet cupcake" 🧁🧁🧁

Beskikbaar in mini's ook 😉

Hallo julle!!Ek het vandag weer nuwe geure gekry!!! Dis altyd die lekkerste ding om Flavour Nation se pakkies te kry. Di...
17/10/2022

Hallo julle!!

Ek het vandag weer nuwe geure gekry!!! Dis altyd die lekkerste ding om Flavour Nation se pakkies te kry. Die oulikste verpakking met die cuteste briefie 😍.
Die nuwe geure is:
Cheesecake
Bubblegum
White Chocolate
Honey
Custard
Maple Syrup

Dit maak die hele geur-kombinasie-proses net soveel meer interessant 😁.

Ek loop al vir ń wyle met die idee om ń melktert cupcake te maak... En ek d**k, die naweek is die regte tyd. Watch this space 🧁

Lekker aand!!

🧁Cupcake-groete🧁
Carla xoxo

Hallo julle...So is die skoolvakansie verby, en twee besige maande lê voor.Ek het vandag weer gebak... Iets oud, en iets...
10/10/2022

Hallo julle...

So is die skoolvakansie verby, en twee besige maande lê voor.

Ek het vandag weer gebak... Iets oud, en iets nuut...
Strawberries & cream feature baie, so daars dit... Maaaaar, ek het ń bevlieging gekry vir Lindt chocolate. Toe maak ek:
Lindt Truffle Cupcakes.... Daar is ń Lindt in die cupcake ingebak, Lindt in die buttercream, Lindt ganache en Lindt bo-op... 😂😂😂, ek gaan dit nog eenkeer sê: L.I.N.D.T
Dan is daar Bar-One en caramel... Chocolate koek met karamel in, en baaaaaaie Bar-One in die buttercream. Dit proe rerig nie soos versiersuiker nie.
Ek het ook Pecan & Vanilla gemaak. Pecan koek met Chantilly room binne-in, dan vanilla buttercream met ń twist. My geheim natuurlik 😉

Nou ja, ek post die foto's en laat weet wat julle d**k.

Lekker aand!!

Cupcake-groete
Carla xoxo

P.S - onthou, ek kan enige cupcake bak - so plaas gerus jou bestelling 🧁🧁🧁

Address

Jeffrey's Bay
6330

Telephone

+27743035891

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when The Flying Apron posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category