18/06/2026
.22 deel die MAKLIKSTE brood resep wat ons al gemaak het. 🤩
RESEP:
4 Koppies Meel
10g Gis
5ml Sout
500ml Water
1. Gooi die meel in a bak en voeg die sout en gis by, meng goed.
2. Voeg dan die warm water by en meng dit. Die deeg moet "Sticky" wees. As hy nie is nie voeg net nog 'n bietjie water by.
3. Sit 'n vat doek bo-oor en los vir 2ure om te ruis.
4. Strooi 'n oppervlakte met meel en plaas die geruisde deeg daarop. Rek en vou die deeg tot dit 'n bal vorm. Wanneer die bal vorm sit die deeg op waxpapier.
5. Plaas jou pot in die oond op 220C vir 30min terwyl die deeg ook 'n laaste "Rise" doen.
6. Na 30min haal die pot uit die oond en plaas jou deeg daarin, sit die deksel op en sit in die oon vir 30min.
7. Na 30min haal die deksel af en sit terug vir nog 15min.
8. Daarna is jou brood klaar en reg om te eet.