Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications Self Publication Services

DEWETSBAAIWillem MalherbeDe Wetsbaai is ’n klein strandjie naby Kleinmond in die Wes-Kaap. In 1925 het vier neefs – twee...
30/12/2024

DEWETSBAAI

Willem Malherbe

De Wetsbaai is ’n klein strandjie naby Kleinmond in die Wes-Kaap. In 1925 het vier neefs – twee Albertyn-broers en twee Lückhoff-broers – vier morg grond om die strandjie van John Walsh gekoop. Dit was die begin van ’n familie-vakansieplek wat nou al byna honderd jaar as ’n kleinood bewaar word. Hier­die boek vertel die verhaal van die familie en hoe De Wetsbaai behoue gebly het terwyl Bettysbaai daar rond­om ontwikkel en gegroei het.

Die boonste foto wys die uitsig oor De Wetsbaai van een van die huise se stoep af met Hawston in die verte. Die rooidisa groei in die klowe van die Kogelberg.

MOOIMariana de BruinGOD skep skoonheid en oorrompel ons daarmee.Mariana de Bruin is getroud met ’n besigheidsman en hull...
19/12/2024

MOOI

Mariana de Bruin

GOD skep skoonheid

en oorrompel ons daarmee.

Mariana de Bruin is getroud met ’n besigheidsman en hulle is geseën met 4 seuns, 4 besondere skoondogters en 6 uitnemende kleinkinders. Haar

uitgangspunt in alles wat sy doen, of dit skilder, skryf, lering of aanmoediging gee, is in 2 Kor 4:7: “… En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie?”

Sy geniet stap en fietstoere, vriendskappe, honde, nimmereindigende nuanses in die natuur, vernaamlik die see, goeie kos en veral haar kinders en kleinkinders.

Sy skilder onder haar nooiensvan en haar kuns kan gesien word by:

mariana.zwaan.fineartamerica.com

ARTmarianazwaan op Facebook

mzwaan7 op Instagram

Bestellings: Mariana de Bruin

[email protected]

WANNEER TYD VLIEGNic BothaHierdie boek is tydens die eerste Covid 19-inperking in 2020 geskryf. Die verwerking en redige...
17/12/2024

WANNEER TYD VLIEG

Nic Botha

Hierdie boek is tydens die eerste Covid 19-inperking in 2020 geskryf. Die verwerking en redigering daarvan het tot Julie 2021 geduur.

Ná Nic se afsterwe op 25 April 2021 het die boek dadelik meer betekenis vir my gekry en was ek meer geïnspireerd as ooit om die publikasie daarvan te verwesenlik.

Ek sien Nicci in my geestesoog op sy geliefde stoel in ons sonnige stoepkamer, omring deur al sy skryfbehoef­tes en woordeboeke. Hy het ʼn nuwe doel gehad, en hy was só geïnspireer om alles op skrif te kry.

Ons het met geesdrif saam besluit oor watter stories die boek sou haal.

Nic het dit ongelooflik geniet om sy jonger dae, asook die goeie tye in die Lugmag en Lugdiens te herleef. Hy het soggens vroeg opgestaan en ek kon sien hy kon letterlik nie wag om aan die gang te kom nie. Dit het hom soveel vreugde verskaf om sy lewe soos ʼn rolprent voor hom te sien afspeel en dit op papier vas te lê.

Sy geheue het my verstom, gegewe dat soveel van die gebeure in sy twintiger- en dertigerjare afgespeel het. Hy het almal se name, die plekke en die gebeure tot in die fynste besonderheid onthou asof dit gister gebeur het.

Ek is so trots op hom, dat hy die laaste taak van sy lewe so deeglik en met soveel toewyding voltooi het, net soos alles wat hy aangepak het. Hy het alles met die hand geskryf omdat hy nie meer so lank voor die rekenaar kon sit nie.

Hierdie boek gaan verseker dat al sy stories behoue bly vir ons kinders en verdere nageslagte, sodat hulle kan onthou hoe passievol en lewenslustig hul voorva­der oor die lewe was.

Nicci, jy sal hiermee vir altyd in ons almal se gedagtes voortlewe. Ons salueer jou, Kaptein … Jy het inderdaad die seile van ons almal se boot gespan.

‒ Tish Botha

Hermanus, Augustus 2021

Selnommer: 0828615427

e-pos: [email protected]

Lord Jesus, help me to worship YouJoline NeethlingThis book is a testimony but at the same time also a teaching about ho...
09/12/2024

Lord Jesus, help me to worship You

Joline Neethling

This book is a testimony but at the same time also a teaching about how we can live a life of victory, through praise and worship dances, that brings us into that intimate relationship with the Lord.

Joline (Neethling) Swanepoel has been an educator in and around Stanford for the last 25 years, mainly to share with the children the fact that Jesus is alive.

Email: [email protected]

Cell: +27-72 117 6427

DIE EILAND / THE ISLANDHistory and Stories / Geskiedenis en StoriesAan die oewer van die Groot-Brakrivier lê die gelykna...
06/12/2024

DIE EILAND / THE ISLAND

History and Stories / Geskiedenis en Stories

Aan die oewer van die Groot-Brakrivier lê die gelyknamige dorp en Die Eiland knus langs mekaar. Die Eiland huisves ’n gemeenskap met unieke tradiesies wat oor vele geslagte strek.

Halcyon days spent on The Island at Great Brak River are reflected upon in this book of personal reminiscenses of Island residents, past and present.

STORIES WAT EK ONTHOU deur JACK VAN DYKʼn Deeglik nagevorste, onderhoudende vertelling van ʼn ryk lewe deur iemand wat in ...
05/12/2024

STORIES WAT EK ONTHOU deur JACK VAN DYK
ʼn Deeglik nagevorste, onderhoudende vertelling van ʼn ryk lewe deur iemand wat in Hermanus gebore en getoë is. Die vertellings, soms komies, soms aandoenlik van die lewe soos dit was, betrek die leser by die mense van vroeër en wanneer dit nog verder in die geskiedenis delf na die herkoms van twee families, verdiep die betrokkenheid en verbreed die perspektief oor ons herkoms. Voeg daarby die plasing van die gebeure teen die agtergrond van wêreldgebeure en die geskiedenis van Suid-Afrika, word dit nog meer relevant en word dit meer as ʼn nostalgiese belewenis van die verlede.
Die verteller het wye draaie deur die land geloop en weer tuisgekom in sy hartland om hier die geskiedenis vir sy onmiddellike familie neer te pen. Dis kosbaar dat hierdie verhaal op so ʼn wyse vir die nageslag bewaar word en die kinders en kleinkinders nie eendag hoef te wonder waar hulle vandaan kom nie. Die spore lê voorwaar diep en wyd.

https://erfenispublikasies.blogspot.com/2020/10/stories-wat-ek-onthou.html?m=0

Elize Ge**er

Jou storie is belangrik. Kom laat ons jou help om dit te publiseer.
05/12/2024

Jou storie is belangrik. Kom laat ons jou help om dit te publiseer.

Ek hoop skrywers is hard besig om hierdie gulde dae te gebruik om hulle boeke klaar te maak. Erfenis Publikasies is jull...
09/05/2020

Ek hoop skrywers is hard besig om hierdie gulde dae te gebruik om hulle boeke klaar te maak. Erfenis Publikasies is julle volgende stap wanneer daardie boeke klaar is. Lees gerus meer oor selfpublikasie op:
http://erfenispublikasies.blogspot.com/p/selfpublikasie.html, of kontak vir my, ek help graag.

AS EK OMDRAAI, SKIET MYSuid Afrika – September 1939VIR DIE ENGELSE VEG? IN DER EWIGHEID NOOIT!Die verklaring van oorlog ...
30/06/2019

AS EK OMDRAAI, SKIET MY
Suid Afrika – September 1939
VIR DIE ENGELSE VEG? IN DER EWIGHEID NOOIT!
Die verklaring van oorlog teen Nazi-Duitsland deur die Smuts-regering ruk ʼn Afrikanerfamilie uiteen: Die wedywering tussen twee Vrystaatse broers neem dodelike afmetings aan wanneer sjarmante Pierre die romantiese keuse maak en by die lugmag in Noord-Afrika aansluit, en Jan, sy ewe aantreklike jonger broer, die eed van die militante vleuel van die Ossewa-Brandwag aflê: ʼn eed wat net deur die dood verbreek kan word …

Veels geluk aan Dave Baker met sy AS EK OMDRAAI, SKIET MY.
Lees meer daaroor en waar dit bestel kan word op:
www.erfenispublikasies.co.za

Address

Hermanus
7200

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Erfenis Publikasies / Heritage Publications posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Erfenis Publikasies / Heritage Publications:

Share