Resepte van toeka tot nou

Resepte van toeka tot nou Hier deel ons resepte...proef saam...eet saam.

01/05/2024

Die Lekkerste 3 bestandeel slaai. Pynappel slaai. n Wenner by braai..........
GROOT RESEPTEBOEK PROMOSIE:
BESTEL ONS RESEPTE BOEK VIR R100 Waarde R249.
En Kry ons Poeding Boek ter waarde van R100 Gratis.
Stuur Email Na: [email protected] of [email protected]........
3 blikkies pynappelstukke
1 blik kondensmelk
250ml suurroom

Gooi sap van pynappels uit.

Meng pynappelstukke, kondensmelk en suurroom goed saam, sit in yskas vir so 2ure. Bron: Onbekend.

03/04/2024
27/03/2024

BULLYBEEF SOUTTERT ..............................
GROOT RESEPTEBOEK PROMOSIE.
BESTEL ONS RESEPTE BOEK VIR R100 Waarde R249
En Kry ons Poeding Boek ter waarde van R100 Gratis.
Stuur Email Na : [email protected]
of [email protected].............................
1 blik bullybeef
1 kop melk
3 eiers
2 eetl meel
1 en half tl droee pietersielie
1 tl mosterd
sout en peper

Meng alles en gooi in platbak
Rasper lekker baie kaas bo-oor en bak tot gaar 180grade – ongeveer 30 minute.

Indien julle nie van die bullybeef hou nie, vervang dit met so 2 kop blokkies kouevleis, weense worsies in ringetjies gesny, blikkie tuna, 2 kop gaar maalvleis of gevlokte hoender

Ek het myne bietjie aangepas:

Ek het die volgende by die resep gevoeg:
1 gekapte ui, 1 koppie blokkies ham, 1 tl bakpoeier en ook 1 ekstra eier. Jy kan selfs so ‘n halwe blikkie pitmielies ingooi by die beslag en ‘n paar stukkies groen, rooi en geel soetrissies gekap.
Bron: Lekker Resepte.

16/03/2024

DIE GEHEIME VAN LEKKER KOEKSISTERS MAAK..............................
GROOT RESEPTEBOEK PROMOSIE.
BESTEL ONS RESEPTE BOEK VIR R100 Waarde R249
En Kry ons Poeding Boek ter waarde van R100 Gratis.
Stuur Email Na : [email protected]
of [email protected].............................
Vir die stroop
1 kg (1 liter) suiker
5 ml kaneel
2.5 ml gemmer
500 ml water
Gooi 1 kg suiker,
500 ml water,
5 ml kaneel en 2.5 ml gemmer in ‘n pot en kook dit tot ‘n opgeloste vloeistof.

STOP.
Wag tot die stroop koud genoeg is om in ‘n ander bak te gooi. Laat die stroop oornag afkoel in die yskas.

Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie !

Wanneer jy dit die volgende dag uitgehaal het, sit die bak in ‘n ander bak met yskoue water en ysblokkies in, sodat die vloeistof koud bly te midde van die oefening.

Vir die deeg:
500 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
30 ml margarien
100 ml melk
100 ml water
knippie sout
500 ml sonneblom olie

Metode:
Verhit (nogal baie warm, maar nie kook nie) genoeg sonneblomolie in ‘n pot om die sistertjies in te braai. Meng 500 ml koekmeelblom, 5 teelepels bakpoeier en knippie sout. Vryf 30 ml margarien in met jou vingers.

Sny 200 ml melk en/of water (ek gebruik 100ml water en 100 ml water) in die meel in. Moenie die meel te veel hanteer nie, hoe minder jy dit hanteer hoe beter.

Rol dit uit op ‘n ligweg-meel-gestrooide oppervlak tot so 5 mm dikte. Sny die deeg in repe van 5 cm breed en 10 cm lank (net ‘n riglyn, dimensioneer na gelang van smaak). Sny die repe verder om elk drie bene te hê.

Vleg die bene en druk dit styf vas aan die oop kant. Bak die gevlegte outjies in die olie tot altwee kante ‘n mooi karamel kleur het.

En nou vir die tweede geheim: Die koeksister moet nog kook en borreltjies maak, dan moet jy dit al in die yskoue stroop onderdompel het, soveel so dat jy hom sal hoor stroop trek.

Haal die koeksister na so minuut uit. Die koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.

Gebruik verskillende implemente om die koeksisters in die olie en in die stroop te hanteer, vertrou my, jy wil nie stroop in die olie kry nie. Bron: Die Poeding Klub.

16/03/2024

ONGEBAKTE OATS SJOKOLADE KOEKIES..............................
GROOT RESEPTEBOEK PROMOSIE.
BESTEL ONS RESEPTE BOEK VIR R100 Waarde R249
En Kry ons Poeding Boek ter waarde van R100 Gratis.
Stuur Email Na : [email protected]
of [email protected]..............................
2 k suiker
1 k botter (in blokkies gesny)
½ k melk of water
½ k kakao
2 k hawermout
2 k klapper
2 t vanilla

Meng suiker, botter, melk en kakao en roer oor stadige hitte totdat die suiker opgelos en die botter gesmelt is.

Verhoog die hitte en laat die mengsel kookpunt bereik.
Kook vir 5 minute sodra dit begin borrel.

Meng intussen die hawermout en klapper en hou gereed.
Verwyder kakao-mengsel van die hitte en roer die vanilla by.

Roer die hawermoutmengsel by en skep lepelsvol in hopies op ‘n gesmeerde bakplaat of skinkbord.
Laat koud word en plaas in die koelkas

Bron: Source Happies & Grappies

16/03/2024

Lekker Kaas en spek wiele..............................
RESEPTEBOEK PROMOSIE.
BESTEL ONS RESEPTE BOEK VIR R100 Waarde R249
En Kry ons Poeding Boek ter waarde van R100 Gratis.
Stuur Email Na : [email protected]
of [email protected].............................
1 rol gekoopte skilferkors deeg
1 pakkie streaky spek vooraf gebraai
3/4 bakkie cream cheese
Gerasperde cheddar kaas
1 gekapte ui
Pietersielie
sout en peper
1 geklitste eier

Vorverhit oond tot 180C. .
Rol die deeg uit en smeer met cream cheese
Sprinkel nou die kaas,uie,spek en pietersielie oor geur met sout en peper.

Rol nou die deeg weer op.Sny in ringe van so 2 cm.Pak op gesmeerde bakplaat en smeer met geklitste eier. bak vir 25 min tot goudbruin. Baie lekker as n peusel happie saam n lekker doopsous.
Bron: Lekker Braai.

Address

479 Villiersstraat
Clarens
9300

Opening Hours

Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00
Saturday 09:00 - 16:00
Sunday 09:00 - 13:00

Telephone

0742736580

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Resepte van toeka tot nou posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Resepte van toeka tot nou:

Share