16/12/2025
~Moeg Van Alles~
Ek voel vere
vir die verdoemde lewe,
die lied van rewolwers
skeur deur die nag,
'n nag van blindende haat
in die harte van die lewendes.
Die beangste geskree van 'n kleuter
dring deur tot my,
"Mammie, moenie,
Daddy sal nie weer nie,
hy't belowe!"
(Beloftes, verskonings.
Wanneer hou dit op.
Ek's moeg,
wil tog net rus.)
"Slaap nou kindjie,
Daddy sal nooit weer nie?"
(Totsiens lewe, of was dit hel?)
Dan word die stilte weereens verskeur
deur twee finale skote,
gevolg deur die geskree van 'n gebroke man.
Deur: Anthia V. Moultrie
Ek het onlangs op van my ou gedigte afgekom. Hierdie een ruk 'n mens so bietjie. Dit mag nouwel nie my storie is nie, maar dit is 'n tema wat aangespreek moet word.
D**k aan almal wat hierdie pad gestap het of selfs nog vasgevang is in so 'n moeilike situasie.
Weet dat daar is hulbronne, reik uit, jy hoef dit nie alleen aan te pak nie. Daar is mense wat graag help. Jy moet net die eerste stap neem en dan elke dag kies om voort te gaan.
Image: Meta AI