Namib Kameeldoring - Bloemfontein

Namib Kameeldoring - Bloemfontein Ons hout is afkomstig van ons plaas Gemsbokpan geleë in die hartjie van Namibië. Die hout is afkomstig van dooie bome en bome wat omgeval het in die veld.

Geen bome wat nog groei word afgekap nie. Met baie moeite word die dooie bome opgekap in die veld deur die plaaslike gemeenskap. Hulle werk en bly in die veld vir omtrent 3 weke op ‘n keer en gaan dan huis toe vir ‘n week, hierdie is harde werk!

​Die hout word na ‘n sentrale punt gevat waar dit gekap (nie gesaag) en verpak word. Ons laai dit dan op bakkies en sleepwaens en vervoer dit na die opla

aipunt toe. Daar word dit gelaai op ‘n 35ton trok wat dit dan vervoer na al ons verspreidingspunte in Suid Afrika. Hierdie hout is uiters droog en swaar. Daarom word dit 'n stadig-brandende en hoë temperatuur-hout genoem. 'n Paar ander interessante feite sluit in dat dit bykans geen rook skep nie, 'n natuurlike, welriekende geur het, 'n groot hoeveelheid warm, brandende kole skep en vermors geen energie wat die vog verbrand nie. Kameeldoring het die laagste voginhoud van enige bekende braaihout, aangesien dit deur die Afrika-son gebak word. Die voginhoud is tussen 0 en 1%. Ons hout is baie gesog en gewild - soos julle kan sien het ons verspreiders regoor SA. Ons het ook genoeg voorraad vir ‘n hele klompie jare, maar wanneer die aanvraag te groot is spook ons om te sorg dat al die verspreiders voorraad het.

16/12/2025
Wat ‘n mooi gesig. Namib Kameeldoring, laat dit vlam vat in bewolkte Bloem. Great Dung Balls of Fire, hoop ‘hul’ weet wa...
31/10/2025

Wat ‘n mooi gesig.
Namib Kameeldoring, laat dit vlam vat in bewolkte Bloem.
Great Dung Balls of Fire, hoop ‘hul’ weet watter goeie kombinasie hierdie is.

Onthou, net 12 dae!!
11/09/2025

Onthou, net 12 dae!!

Met Braaidag om die draai, smous ons Wonderlike Kameeldoring vanaf 12 September tot 24 September teen R80 per 20 kg sak of eenmalige kombo van R1950 vir 25 sakke - terwyl laaste seisoen voorraad hou.
Plaas gerus jou bestelling per whatsapp.

Met Braaidag om die draai, smous ons Wonderlike Kameeldoring vanaf 12 September tot 24 September teen R80 per 20 kg sak ...
04/09/2025

Met Braaidag om die draai, smous ons Wonderlike Kameeldoring vanaf 12 September tot 24 September teen R80 per 20 kg sak of eenmalige kombo van R1950 vir 25 sakke - terwyl laaste seisoen voorraad hou.
Plaas gerus jou bestelling per whatsapp.

… en vandag beslis ook! Kry gerus jou kaggelhout in die weer!
06/08/2025

… en vandag beslis ook!
Kry gerus jou kaggelhout in die weer!

So breek die Curriebeker tyd weer aan. Goeie vriende, lekker (en gesonde) drankies met warm vure en vinnige rugby. Mag j...
21/07/2025

So breek die Curriebeker tyd weer aan. Goeie vriende, lekker (en gesonde) drankies met warm vure en vinnige rugby.

Mag jou store vol bly en jy die ‘een-hout-vir-als’ nuttig vind.
Cheetahs Rugby
Elephant Firelighters
Bloemfontein, Free State
Bloemfontein Courant
Volksblad
Bloemnuus
Shaun Peens
Namib Kameeldoring
fans

Address

73 RYNO KRIEL Avenue
Bloemfontein
9321

Telephone

+27835007155

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Namib Kameeldoring - Bloemfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Namib Kameeldoring - Bloemfontein:

Share