27/08/2026
Die SKOG-dag word jaarliks by die Langgewens Navorsingsplaas naby Moorreesburg gehou. Tydens die dag kan nuwe koring- en kanola-kultivars besigtig word, maar daar word ook ander proewe gedoen waar gekyk word na wisselboustelsels, biostimulante, saaidigtheid en saaidiepte. Syngenta Seeds was weer vanjaar teenwoordig en Driecus Lesch, koringteler van die Wes-Kaap, Willie van der Merwe Verkoops- en produksiebestuurder van Syngenta Seeds in die Wes-Kaap asook Jason Coetzee van Syngenta digitaal (Cropwise) was beskikbaar om te gesels oor die Sensako-koringkultivars en Syngenta se digitale platform. Een van die produkte in die Sensako-pakket is die nuwe Kortgroeier, SST 0235 wat spesifiek vir die Wes-Kaap se omstandighede aangepas is, is hier geplant vir produsente om van naderby te kom besigtig. Hoërskoolleerders van die Hoërskool Dirkie Uys het ook die dag bygewoon.
The SkOG Day is held annually at the Langgewens Research Farm near Moorreesburg. During the day, a variety of wheat and canola cultivars can be viewed, but other trials are also conducted looking at crop rotation systems, biostimulants, seeding density and seeding depth. Syngenta Seeds was present again this year and Driecus Lesch, wheat breeder from the Western Cape, Willie van der Merwe sales- and production manager of Syngenta Seeds in the Western Cape as well as Jason Coetzee from Syngenta digital (Cropwise) were available to talk about the Sensako wheat cultivars and Syngenta's digital platform. One of the products in the Sensako package is the new short grower, SST 0235, specifically adapted to the Western Cape's circumstances, has been planted here for growers to come and see up close. High school learners from Dirkie Uys High School also attended the day.