09/09/2024
Beskuit is die eenvoud wat ons herinner aan die waarde van kosbare oomblikke”
Enamel deegskottels is vroeg oggend nader getrek om solank die botter in die meel te vryf. Bleekwitmeel word goue krummels wat later 'n offer van geur en smaak gaan word. Geknie, gevorm, en as die baksel versigtig uit die warm oopbek oond verwyder is, het die soet reuk van botter en karringmelk die hele huis gevul.
Hierdie offer van liefde herinner ons aan ma, ouma, tannie en vriendin.
Stads-Japie Kombuis sit hierdie tradisie voort met geurige gebakte beskuit, per hand gesny en versigtig verpak. Karringmelk, muesli, vla, grondbone botter en selfs gluten vrye beskuit word met sorg voorberei, sodat jy weer kan onthou!
Ons het 'n verskeidenheid van geure en smake in ons mandjie, so hou ons bladsy dop vir die beskikbare verskeidenheid.
Welkom by Stads-Japie Kombuis!
# Stads-Japie_Kombuis!