25/03/2026
Skuinskoek is ‘n traditionele lekkerny wat al jare lank in Namakwaland, die Boesmanland en die Karoo geeët word. ‘n Mondvol nolstalgie wat jou terug vat na Ouma se kombuis wat gevul is met die reuk van anys en natbeskuit. Alhoewel skuinskoek van anysbeskuit en natbeskuit afkomstig is, is dit al solank gebak en geeët deur Suid-Afrikaners dat dit sy eie gereg is.
Skuinskoek - ‘n Mondvol herinneringe en eg Suid Afrikaans.