As brood kon praat - Amptelike Blad

As brood kon praat - Amptelike Blad Ons het elkeen 'n storie waarin brood die hoofkarakter speel. Hier deel ek die geheimenisse wat brood in my oor fluister. Skrywer en storieverteller. Broodbakker.
(1)

BAL & B-MOLSkool het baie verander vandat ek ligjare gelede in 'n yskoue Hoëveld-klaskamer moes sit, en ek is maar baie ...
22/08/2026

BAL & B-MOL

Skool het baie verander vandat ek ligjare gelede in 'n yskoue Hoëveld-klaskamer moes sit, en ek is maar baie dankbaar daarvoor as ek kyk hoe my eie kinders in hulle onderskeie skole floreer.

Vir my het dit gevoel asof sport die absolute alfa en omega was, seker omdat ek aan die ander kant daarvan gesit het, en heimlik wens dat my eie kinders die kadetorkes era kon beleef.

Die eerste dag wat ek in 1998 by ’n nuwe skool, ver van my ouerhuis af instap, vra die Engelse juffrou, wat ook eerstespan-alles afrig, die Gevreesde Vraag.

“Speel jy hokkie?” Nee juffrou.
“Speel jy netbal?” Nee juffrou.
“Tennis?” Nee juffrou.
“Nou wat speel jy?” Sax juffrou.
Gesprek eindig.
Gelukkig is ek goed met tale.

Dit was in my tienerkop nogal vreemd dat die skool wat ek gekies het vir musiek, so behep was met sport. Ek het eers heelwat later uitgevind dat dit eintlik ’n rugbyskool is, maar hier is ek nou vir die volgende drie jaar met my sax, ’n sak vol deuntjies en bitter min met ’n bal gepla.

Ek was ’n kultuur-dier, heel tuis op stoel 3 in die middelste ry van die orkes.
Orkes kinders het mekaar verstaan en maar altyd saam beweeg, óf omdat ons voor skool en elke pouse geoefen het, óf omdat die ander kinders nie eintlik geweet het waaroor om met ons te praat nie.

Musiek was ’n vreemde taal as jy net van b***e gehou het, en Bal was volksvreemd as jy konstant met B-mol transponerings besig was.

Elke jaar September, was dit die Nasionale Kadet-Orkes Kampioenskappe of Nationals soos ons dit genoem het, en in my wêreld was dit die hoogtepunt van my bestaan.
Ons het elke dag voor dagbreek, regdeur die winter in gelid op die rugbyveld aangetree, met voete wat vriesbrand, vingers wat nie die kleppe kan voel nie en mondstukke wat vas vries. Ons het ontsettend hard geoefen, baie keer tot laat in die aand. Dit was ook die meeste wat ek ooit op ’n sportveld was.

Vir drie jaar in ’n ry wen ons die Nationals, en in jaar 3 word ons deur die koning van Thailand genooi om by sy verjaarsdagvieringe op te tree.
Nou kyk, dit beteken mos nou uiteraard dat ons almal op die verhoog gaan staan Maandagoggend?

Maandagoggend sit die orkes heel voor in die saal. Die pers is daar en Toyota het klaarblyklik ook na die partytjie toe gekom.
Dit klink soos ’n vink-vergadering en die opgewondenheid is amper tasbaar.

Tot die hoof op die verhoog kom, en die eerste rugbyspan elkeen op die naam roep. Elke keer moet ons hande klap. Die testosteroon-miswolk hang dig oor daai verhoog, en Oom Toyota kom ook opgewals.

Die hoof basuin dit uit soos ’n herout op ’n dorpsplein, minus die Hear ye! Hear ye!
Die eerste rugbyspan het die afgelope naweek die Beeldtrofee gewen, en dié is nou die Boerbrood-witbroodjies, met ekstra botter om die mond.

Oom Toyota oorhandig die sleutels van ’n geborgde bus waarop elkeen se gesiggie soos ’n wafferse Springbok pryk. Elke speler kry ’n trofee groter as die kaptein se ego, die pers neem ’n foto en die saal word verdaag.

Pouse is ons terug in die ouditorium, want ons moet volgende jaar se repertoire beplan, ook maar behoorlik millitaristies en rigied.
Ons het darem die Beeld se middelblad gemaak en is later elkeen met ’n groen baadjie met ‘n goue draadjie beloon wat nou nog in die kas hang.

As ek een ding moet uitsonder wat ek van my skooldae koester, is dit die dissipline wat ek in die kadet-orkes geleer het, en ek d**k die ander lede wat vandag Michelin Chefs, NASA-ingenieurs en eerbare burgers is, sal onomwonde saamstem dat dit in ons in gemarsjeer is. Oor en oor en oor.

Danksy skool kan ek gelukkig nou Bal, B-mol en Engels ook praat.

*Vrywaring: Ontspan Susan, ek insinueer geensins dat eerstespan rugbyspelers nie gedissiplineerde eerbare burgers is nie. Allermins.


brood kon praat - Amptelike Blad

Saterdag 4 Julie, het ek weer die voorreg om saam met Sit aan die ketel - Amptelike Blad - 'n EEN dag Lig Jou Sluier Ret...
11/06/2026

Saterdag 4 Julie, het ek weer die voorreg om saam met Sit aan die ketel - Amptelike Blad - 'n EEN dag Lig Jou Sluier Retreat aan te bied. Hierdie keer op my en jou voorstoep in Muldersdrift!

Merk jou dagboek, nooi jou sussie en kom ontmoet weer die gees-vrou wat agter die sluier skuil.

Ek hoop ek sien jou daar!

Navrae: [email protected]

As brood kon praat - Amptelike Blad

02/06/2026

Send a message to learn more

02/06/2026

Gesprekke met My Koning, het die eerste lig gesien hierdie naweek by die Sit aan die ketel - Amptelike Blad -Retreat. Dertig baie spesiale vroue het vir die eerste keer 'n date met 'n Koning gehad en heilige oomblikke saam met God aan Sy tafel beleef.
Die boeke vlieg en die Courier Guy moet omtrent bontstaan vandag. Ek is dankbaar, oorweldig en nederig gestem deur die voorreg om God se koninkryk te kan help bou.
As jy 'n kopie van Gesprekke met my Koning vir jouself of jou bestie of jou sussie of jou mamma wil hê, stuur gerus vir my 'n boodskap op 082 555 5857.
Hy sal ook binnekort beskikbaar wees op my aanlynwinkel www.asbroodkonpraat.co.za

Send a message to learn more

As jy as vrou iets baie spesiaal wil beleef, moenie hierdie retreat mis nie!
06/05/2026

As jy as vrou iets baie spesiaal wil beleef, moenie hierdie retreat mis nie!

Ons Retreat Program is uit!
29-31 Mei 2026
28 Mei pak 30 vrouens hulle tasse.
Lekker warm pajamas.
Slippers.
Joernaal.
Bybel.
Die jaar kuier ons saam by The River House Collection in Worcester.
Koffie, beskuit, kaggels, kanoes, musiek, oefening langs die rivier, hart sessies, joernaal, prayer walk, asemhaal, nuwe vriendinne, konneksie, spasie, die rivier en onvoorwaardelikheid.
Alles behalwe, aansit, demands en vinnig beweeg.
Ons is opgewonde oor ons laaste twee oop plekkies.
Navrae: [email protected]
Whatsapp: 082 326 4577
Sit aan die ketel - Amptelike Blad -
www.sitaandieketel.co.za

Address

Emalahleni

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when As brood kon praat - Amptelike Blad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to As brood kon praat - Amptelike Blad:

Shortcuts

Share

Category